Nuwe aarde
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nuwe aarde is ’n uitdrukking wat in die Bybel gebruik word om die finale toestand van die verloste mensdom te beskryf. Dit kom voor in Jesaja 65:17 en 66:22, 2 Petrus 3:13 en Openbaring 21:1. Dit is een van die sentrale leerstellings van die Christelike eskatologie; in die geloofsbelydenis van Nicea word daarna verwys as "die toekomstige bedeling".