Nürburgring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nürburgring is 'n beroemde renbaan in Duitsland, 70 km vanaf Keulen geleë. Die oorspronklike baan was 28,265 km lank maar is opgedeel in die sogenaamde Südschleife en Nordschleife. Die Südschleife het meestal motorfietsrenne gehou terwyl die gevaarlike Nordschleife baie motorrenne gehou het, insluitend Formule Een, Formule 2, Formule 3 en die 24-uuruithouren. Ná die Nordschleife te gevaarlik beskou is vir Formule 1 is 'n nuwe moderne baan van 4,5 km gebou in 1983 en geopen in 1984. Die ou baan is oorspronklik in 1927 gebou.
Kitsfeite Ligging, Tydsone ...
Ligging | Nürburg, Duitsland |
---|---|
Tydsone | UTC+01:00 |
Koördinate | 50°20′08″N 6°56′51″O |
FIA Gradering | 1 |
Groot byeenkomste | FIA Formule Een Duitse Grand Prix Wêreldsuperfietskampioenskap Duitse Toermotor Meesters 24-uur Nürburgring 1000 km Nürburgring |
GP-Strecke (2002–huidig) | |
Baanoppervlak | Teer |
Lengte | 5,148 km (3,199 mi) |
Draaie | 16 |
Rondterekord | 1:29.468 ( Michael Schumacher, Ferrari, 2004, Formule Een) |
GP-Strecke (1984–2001) | |
Baanoppervlak | Teer |
Lengte | 4,556 km (2,831 mi) |
Draaie | 12 |
Rondterekord | 1:18.354 ( Juan Pablo Montoya, Williams, 2001, Formule Een) |
Nordschleife (1983–huidig) | |
Baanoppervlak | Teer/beton |
Lengte | 20,81 km (12,93 mi) |
Draaie | 154 |
Rondterekord | 6:25.91 ( Stefan Bellof, Porsche 956, 1983, Wêreldsportmotorkampioenskap) |
Sluit