From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Oenochoë of oinochoë (Grieks: οἰνοχόη; van οἶνος oînos, "wyn", en χέω khéō, "ek skink") is ’n wynbeker en ’n belangrike soort erdekruik uit Antieke Griekeland. Die meervoud is oenochoai of oinochoai.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Daar is baie soorte oenochoai; die vroegste bekende soort is die olpe (ὀλπή), wat gewoonlik ’n handvatsel gehad het wat ver bo die rand uitsteek en met geen onderskeibare skouer nie. Tipe 8 is wat ’n mens ’n beker sou noem; dit het geen tuit gehad nie. Die chous (χοῦς) was ’n stewige oenochoë met ’n drieledige tuit. Klein voorbeelde met uitbeeldings van kinders daarop is dikwels in kindergrafte geplaas.[1] Oenochoai is soms versier en ander kere nie.[2] Hulle het gewoonlik net een handvatsel gehad en dikwels ’n drieledige tuit vir skink. Groottes het aansienlik verskil; die meeste was tot 25 cm hoog en kon met een hand vasgehou word, maar daar was ook groteres.
Die meeste Griekse oenochoai was erdewerk, maar bekers van metaal was waarskynlik algemeen onder die meer gegoedes. Min het egter bewaar gebly.[3] Groot klipweergawes is dikwels gebruik om grafte te merk. Sommige oenochoai was van "plastiek", met ’n mensekop of twee wat die lyf vorm.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.