Oesbeke
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oesbeke (Oesbekiese enkelvoud: Oʻzbek, Ўзбек, اوزبیک; meervoud: Oʻzbeklar, Ўзбеклар) vorm die grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië en die tweede grootste naas die Turke. Hulle vorm die titulêre nasie van Oesbekistan, waar hulle sowat 80% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Oesbekies, 'n Turkse taal, as moedertaal.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Oesbekies.
Oesbeke | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 30 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Oesbekistan ~24 miljoen[1] Afghanistan 2,8 miljoen[2] |
Taal: | Oesbekies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Islam (Soenniete of Kulturele Islam),[13] minderhede van ongebondes. Histories Tengriisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene |
Naas Oesbeke leef nog klein minderhede soos Russe (5,5%), Tadjiks (5%), Kasakke (3%), Karakalpakke (2,5%), Tartare (1,5%) en ander (7%) in Oesbekistan. Oesbekiese minderhede leef in lande soos Afghanistan (9%), Tadjikistan (14%), Kirgisië (14%), Rusland, Kasakstan (2,5%), Saoedi-Arabië, Turkmenistan (6%), Pakistan, Turkye en die Volksrepubliek China.
Wêreldwyd leef omtrent 30 miljoen Oesbeke, waarvan sowat 24 miljoen in Oesbekistan, 2,8 miljoen in Afghanistan, 1,2 miljoen in Tadjikistan en byna 1 miljoen in Kirgisië. In die Volksrepubliek China behoort die Oesbeke tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Oeigoere, Kasakke en Kirgisiërs.