Rose-oorloë
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rose-oorloë of Oorloë van die Rose (Engels: Wars of the Roses) was ’n reeks oorloë tussen twee dinastieë, dié van York en Lancaster, om die troon van Engeland. York en Lancaster was twee takke van die Huis van Plantagenêt en is deur onderskeidelik ’n wit en ’n rooi roos verteenwoordig. Die oorlog is sporadies tussen 1455 en 1485 geveg, hoewel gevegte ook voor en na dié tyd plaasgevind het. Die finale oorwinning is behaal deur ’n redelik verlangse Lancaster-aanspraakmaker, Hendrik Tudor, wat die laaste koning van York, Richard III, verslaan en met Eduard IV se dogter, Elizabeth van York, getrou het om die twee huise te verenig. Die Huis van Tudor het daarna 117 jaar lank oor Engeland en Wallis regeer.
Kitsfeite Datum, Ligging ...
Rose-oorloë | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Skildery deur Henry Payne in 1908 van ’n toneel uit William Shakespeare se toneelstuk Hendrik VI Deel 1, waar ondersteuners van die onderskeie faksies wit of rooi rose pluk om te wys wie hulle steun in die Rose-oorlog. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Huis van York | Huis van Lancaster | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Richard, Hertog van York (†) Eduard IV van Engeland Richard III van Engeland (†) |
Hendrik VI van Engeland Margaret van Anjou Eduard van Westminster (†) Hendrik VII van Engeland |
Sluit