From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Klariste (Engels: Poor Clares), amptelik die Orde van sint Klara (Latyn: Ordo sanctae Clarae) en ook bekend as die Tweede Orde van Sint Franciskus, is lede van ’n godsdiensorde vir nonne in die Rooms-Katolieke Kerk. Dit is die tweede Franciskaanse orde wat gestig is – op Palmsondag in 1212 deur die heiliges Klara van Assisi en Franciskus van Assisi.
Die Klariste is georganiseer volgens die struktuur van die Franciskaanse Orde (die eerste orde). In 2011 was daar meer as 20 000 Klariste in meer as 75 lande reg oor die wêreld.
Die Klariste volg die Reël van Sint Klara, wat die dag voor haar dood in 1253 deur pous Innocentius IV goedgekeur is, maar het verskillende voorskrifte en word in federasies georganiseer.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.