Palindroom - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Palindroom.

Palindroom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'n Palindroom (vanuit Grieks: πάλιν, "opnuut" en δρόμος, "(deur)loop"), ook 'n keerwoord genoem, is 'n simmetriese volgorde van letters of syfers in 'n woord of 'n getal. Die palindroom bly dieselfde ongeag of dit van links na regs of van regs na links gelees word. Leestekens word nie in ag geneem nie.

Woorde

Voorbeelde van palindroom-woorde:

  • dood
  • droommoord (sover bekend die langste palindroom-woord in Afrikaans)
  • ete
  • knalplank
  • kok
  • lepel
  • pap
  • papajapap

Asook:

  • fokof (kru taal)

Sinne

Palindroom-sinne is dikwels absurd, maar af en toe maak hulle op 'n manier wel verrassend sin, soos die bekende Engelse "Able was I ere I saw Elba", wat aan Napoleon toegedig word. Die volgende voorbeelde van Afrikaanse palindroom-sinne klink bra kru as 'n mens hulle daarmee vergelyk, maar kan dalk tog iemand inspireer om iets pittigers te skep:

  • Madam Einger Einstein E. laat Sarel lepel lê. Ras, taal en iets nie reg nie, madam?
  • Madagaskar-bees kook see-brak sag, Adam.
  • Kaas? Droomsap met ys? Eet Ella papajapap? Alle tee? Sy tem pas moordsaak!

Getalle

Voorbeelde van palindroom-getalle:

  • 151
  • 1001
  • 12345678987654321

Datums en tye

Voorbeelde van palindroom-datums en -tye

  • 11/02/2011 (11 Februarie 2011)
  • 21/02/2012 (21 Februarie 2012)
  • 10:01 (een minuut oor tien)

Sien ook

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Palindroom
Listen to this article