Palmiet-pompopgaarskema
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Palmiet-pompopgaarskema is naby Grabouw en verskaf 400 MW krag aan die nasionale transmissienetwerk by Worcester. Dit bestaan uit twee damme, die laerliggende Kogelbergdam in die Palmietrivier, suid van Grabouw, en die hoërliggende Rockviewdam op die waterskeiding tussen die Palmiet- en die Steenbrasrivier. 'n Tonnel tussen die twee damme voer water na die omstelbare pompturbines in die stasie (met 'n opwekkingsvermoë van 400 MW) in die wal van die Kogelbergdam. Buite die spitstyd word water van die Kogelberg- na die Rockviewdam gepomp. Van daar vloei water wat spesifiek aan die Departement van Waterwese toegeken is, vir lewering aan verbruikers langs 'n afsonderlike tonnel deur swaartekrag na die Steenbrasreservoir.