From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Russies-Ortodokse patriargaat van Moskou het in 1589 ontstaan toe dit die Moskouse aartsbisdom vervang het. Die patriarg van Moskou is ook patriarg van die hele Rusland.
Die geskiedenis van die Russies-Ortodokse Kerk begin met die kerstening van Kiëf-Roes, wat algemeen beskou word as in 988, hoewel dit soms betwis word. In 1316 het die aartsbiskop van Kiëf sy setel na die stad Wladimir geskuif en in 1322 na Moskou. In 1589 is die aartsbiskopsetel verhef tot ’n patriargaat. Pieter die Grote het die patriargaat in 1721 afgeskaf en vervang met die Heiligste Regerende Sinode, en die patriarg van Moskou is weer ’n aartsbiskop of metropoliet genoem. Die patriargaat is in 1917 herstel en in 1925 weer afgeskaf deur die Sowjet-regering. Dit is in 1943 tydens die Tweede Wêreldoorlog vir oulaas herstel op inisiatief van Josef Stalin.
Heiligste Regerende Sinode
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.