Peter Paul Rubens
From Wikipedia, the free encyclopedia
Peter Paul Rubens (gebore op 28 Junie 1577 in Siegen, oorlede op 30 Mei 1640 in Antwerpen, ook Pieter Paul, Pieter Pauwel of Petrus Paulus Rubens genoem) was 'n Vlaamse Barokskilder, tekenaar en diplomaat, werksaam in Antwerpen. Hy word gesien as een van die belangrikste en invloedrykste barokskilders van die Vlaamse skool.
Kitsfeite Geboortenaam, Gebore ...
Peter Paul Rubens | |
---|---|
Selfportret deur Rubens. 1623. | |
Geboortenaam | Peter Paul Rubens |
Gebore | (1577-06-28)28 Junie 1577 Siegen, Nassau-Dillenburg, (tans Noordryn-Wesfale, Duitsland) |
Sterf | 30 Mei 1640 (op 62) Antwerpen, Spaanse Nederlande (tans België) |
Veld | Skildery, drukkuns en diplomasie |
Opleiding | Tobias Verhaecht Adam van Noort Otto van Veen |
Beweging | Vlaamse Barok |
Sluit
Die Vlaamse Barokskilder was reeds in sy leeftyd in sy eie land en ver daarbuite beroemd. Hy het ʼn oorvloedige skat skilderye nagelaat wat oor feitlik elke onderwerp, veral met godsdienstige en mitologiese temas, gehandel het.