Piesang - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Piesang.

Piesang

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Piesang
Piesangboom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Liliopsida
Orde:
Zingiberales
Familie:
Genus:
Musa
Spesie:
M. paradisiaca
Binomiale naam
Musa × paradisiaca
Verskillende piesangsoorte
Verskillende piesangsoorte
Piesang, rou
Voedingswaarde per 100 g
Energie 90 kcal   370 kJ
Koolhidrate     22.84 g
- Suikers  12.23 g
- Dieetvesel  2.6 g  
Vette0.33 g
Proteien 1.09 g
Tiamien (Vit. B1)  0.031 mg  2%
Riboflavien (Vit. B2)  0.073 mg  5%
Niasien (Vit. B3)  0.665 mg  4%
Pantoteensuur (B5)  0.334 mg  7%
Vitamien B6  0.4 mg31%
Folate (Vit. B9)  20 μg 5%
Vitamien C  8.7 mg15%
Yster  0.26 mg2%
Magnesium  27 mg7% 
Fosfor  22 mg3%
Kalium  358 mg  8%
Natrium  1 mg0%
Sink  0.15 mg2%
Fluoried 2.2 µg
Skakel na USDA Databasis-inskrywing
Persentasies is relatief tot VS
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis

'n Piesang is 'n langwerpige en effens gebuigde vrug, afkomstig van 'n tropiese plant bekend as 'n piesangboom. In Indonesiese geregte word piesang meestal "pisang"[1] (sic) genoem, die Maleise woord vir die vrug.

'n Piesangboom is in werklikheid 'n krui, en die grootste krui ter wêreld. Volgens die tuinboukundige definisie word die piesang egter as 'n groente gereken terwyl dit kulinêr as 'n vrug beskou word, vanweë sy soet smaak.

'n Akker piesangbome produseer dieselfde hoeveelheid voedsel as veertig akkers aartappels of een honderd drie en dertig akkers koring.[2]

Eienskappe van die vrug

By piesangs kan onderskei word tussen dié wat rou geëet kan word, sogenaamde nageregpiesangs (Engels: dessert banana) soos die Giant Cavendish, en dié wat meer geskik is om gekook of gebak te word, sogenaamde kookpiesangs (Engels: cooking bananas).

'n Gewone nageregpiesang het 'n dik skil wat maklik vanaf die vrugvlees loskom en met die hand geskil kan word. Die vrug is, soos dit in Suid-Afrika voorkom, meestal geel, alhoewel piesangs ook in ander kleure, byvoorbeeld rooi en pers, voorkom.

Produksie

Top dertien piesangprodusente[3]
Land 2011 (mil. ton) 2016 (mil. ton)
 Indië
28,5 29,1
 China
10,7 13,1
 Filippyne
9,2 8,9
 Ecuador
6,4 7,1
 Indonesië
6,0 7,0
 Brasilië
7,3 6,8
 Kolombië
1,2 5,5
 Kameroen
1,1 5,5
 Uganda
5,2 4,3
 Guatemala
2,7 4,1
 Tanzanië
3,3 ?
 Angola
2,6 3,0
 Meksiko
2,1 2,2
Wêreld 142,7 148,4
Bron: [4]
Piesangtrosse word vervoer in Tanzanië
Piesangtrosse word vervoer in Tanzanië

Verwysings

  1. etymologiebank.nl s.v. pisang
  2. (en) The Consolidated Encyclopedia – The Consolidated World Research Society, Ltd., 1946
  3. Insluitende sg. "Plantains". (In Uganda maak dit 95% uit)
  4. "Banana and plantain production in 2016, Crops/Regions/World list/Production Quantity". UN Food and Agriculture Organization, Corporate Statistical Database (FAOSTAT). 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op |archive-url= requires |archive-date= (help). Besoek op 6 Januarie 2018.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Piesang
Listen to this article