Pietie du Plessis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pieter Theunis Christiaan du Plessis (gebore op 19 Mei 1935 in Nebo naby Lydenburg, Transvaal in Unie van Suid-Afrika, oorlede in Maart 2001 in Pretoria, Gauteng) was 'n boer en Suid-Afrikaanse politikus en 'n lid van die regerende Nasionale Party.
Du Plessis het as lid van die provinsiale raad van Transvaal gedien (1966-1970) en was parlementslid vir Lydenburg (1970 - 1989). In die kabinet was hy adjunkminister van finansies, adjunkminister van landbou en visserye (1980 - 1982), minister van mynwese en energie (1982 - 1983), mannekrag (1984 - 1989), en openbare werke en grondsake (1986 - 1989) in die P.W. Botha-regering.