From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pond Sterling van Jersey is die amptelike geldeenheid van die Bailiwick of Jersey, die grootste van die Kanaaleilande. Die Pond van Jersey is saam met die Pond Sterling van Guernsey en banknote van die Bank van Engeland, asook van Skotland, wettige betaalmiddel op die eiland.
Die Tesourier van die State van Jersey hou vir elke banknoot van 1 £ (Jersey), wat uitgegee word, £1,10 in banknote van die Bank van Engeland. Die Pond van Jersey is gevolglik 'n baie stabiele geldeenheid.
Die banknote, wat tans in omloop is, het 'n beeld van Koningin Elizabeth II op die voorkant en bekende bakens of historiese gebeurtenisse van Jersey op die agtersy. 'n Jersey-bees dien as watermerk.
Die muntstukke van Jersey wys die Koningin se profiel op die voorkant, terwyl daar 'n verskeidenheid ontwerpe op die agtersy is:
Alhoewel ook pond-muntstukke uitgegee word, word hulle nie dikwels gebruik nie. Die ontwerpe van die agtersy sluit 'n reeks wapens van die twaalf parogieë van Jersey en historiese skepe, wat op die eiland gebou is, in.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.