Pops Mohamed
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pops Mohamed (geboire Ismail Mohamed-Jan) is 'n Suid-Afrikaanse multi-instrumentale jazz-musikant en vervaardiger.
Pops Mohamed | |
---|---|
Geboortenaam | Ismail Mohamed-Jan |
Gebore | 10 Desember 1949 (1949-12-10) (74 jaar oud) Benoni, Suid-Afrika |
Genres | Jazz, kwêla, pop, soul |
Beroep(e) | Musikant |
Mohamed is op 10 Desember 1949 in Benoni, Gauteng gebore. Sy loopbaan in musiek was die logiese uitloop na sy vroeë blootstelling aan musikante soos Abdullah Ibrahim en Kippie Moeketsi by Dorkay House. Hy begin sy eerste orkes, The Valiants, op 14-jarige ouderdom. Mohamed staan onder sy bewonderaars bekend as die Minister of Music en bespeel verskeie instrumente soos die kitaar, fluit, klawers, ensovoorts. Hy is ook bekend vir sy verskeidenheid van musiekstyle soos die kwêla, pop, en soul Geargiveer 7 Augustus 2005 op Wayback Machine. Hy is ook die vervaardiger van Finding One's Self, die oorlede Moses Taiwa Molelekwa se bekroonde album.