Port Shepstone-vuurtoring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Port Shepstone-vuurtoring is 'n 8 m hoë, ronde gietystertoring in Port Shepstone, by die mond van die Umzimkulurivier aan die suidkus van KwaZulu-Natal. Dit is op 10 Maart 1905 in gebruik geneem.
Die vuurtoring is met 'n geruite swart-en-wit patroon geverf. Die elektriese lig, gemonteer op 'n roterende stelsel, lewer 1 130 000 CD en kan 26 seemyle ver gesien word. Die lig flits een keer elke 6 sekondes en het 'n fokale vlak van 24 m bo die hoogwatermerk.[1]