cover image

Portugal

From Wikipedia, the free encyclopedia

Portugal (Portugees: [puɾtuˈɣaɫ]), amptelik die Portugese Republiek (República Portuguesa, [ʁɛˈpuβlikɐ puɾtuˈɣezɐ]), is 'n demokratiese republiek geleë in die suidwestelike hoek van Europa op die Iberiese Skiereiland waarvan dit sowat 'n sesde beslaan. Portugal word begrens deur Spanje in die noorde en ooste, met 'n gemeenskaplike grens wat oor 'n afstand van sowat 1 300 km loop, en deur die Atlantiese Oseaan in die weste en suide. Wes van die hoofstad LissabonCabo da Roca, die mees westelike punt van die Europese vasteland. Ook die Asore- en Madeira-eilandgroepe maak deel uit van Portugal.

Nasa-Satellietbeeld van Portugal
Quick facts: ...
Portugese Republiek
República Portuguesa
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Esta é a ditosa pátria, minha amada
(Portugees vir: "Dit is my geliefde, gelukkige vaderland")
Volkslied: A Portuguesa
(Portugees vir: "Die Portugese")
Hoofstad Lissabon

38°46′N 09°09′W

Grootste stad Lissabon
Amptelike tale Portugees
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Marcelo Rebelo de Sousa
António Costa
Onafhanklikheid
Vorming
• Stigting
• Herstigting
• Souwereiniteit
• Koninkryk
• Erken
• Pouslik erken
• Herstel
• Republiek
• Redemokrasie
• Huidige grondwet


868
1095
24 Junie 1128
26 Julie 1139
5 Oktober 1143
23 Mei 1179
1 Desember 1640
5 Oktober 1910
25 April 1974
25 April 1976
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
92 212[1] km2  (109de)
35 603 myl2
0,5
Bevolking
 - 2019-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
10 295 909[2] (83ste)
10 562 178[3]
111,7 / km2 (97ste)
289,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$328,252 miljard[4] (53ste)
$31 965[4] (43ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$248,891 miljard[4] (45ste)
$24 237[4] (36ste)

MOI (2015) 0,843[5] (41ste)    baie hoog
Gini (2016) 33,5[6]   medium
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
WET (UTC±0)
WEST (UTC+1)
Internet-TLD .pt
Skakelkode +351
Close

Portugal is 'n stigterslid van die NAVO en sedert 1 Januarie 1986 lid van die Europese Unie. In 1999 het die land by die Eurosone aangesluit; sedert 2002 is Eurobanknote en -muntstukke in omloop.