Ptolemeïese Ryk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ptolemeïese Ryk (Grieks: Πτολεμαϊκὴ βασιλεία, Ptolemaïkḕ Basileía)[1] was ’n Hellenistiese koninkryk in Antieke Egipte. Dit is deur Ptolemeus I Soter gestig ná die dood van Alexander die Grote in 323 v.C., en het geëindig met die dood van Cleopatra VII en die Romeinse verowering van Egipte in 30 v.C.