Renata Tebaldi
From Wikipedia, the free encyclopedia
Renata Tebaldi, Orde van Verdienstelikheid van die Italiaanse Republiek (Cavaliere OMRI) (Engelse fonetiese uitspraak: |t|ə|ˈ|b|ɑː|l|d|i,[3] Italiaanse fonetiese uitspraak: |reˈnaːta teˈbaldi|; 1 Februarie 1922 – 19 Desember 2004) was 'n Italiaanse spinto sopraan (lirico-spinto soprano) wat gewild was tydens die na-oorlogse tydperk en veral uitgestaan het as een van die sterre van La Scala en die Metropolitan Opera.[4] Sy was een van die talentvolste en mees geliefde operasangeresse. Daar is gesê dat sy oor een van die pragtigste stemme van die 20ste eeu beskik; 'n stem wat hoofsaaklik gefokus is op die verismorolle van die liriese- en dramatiese repertorium. [5][6][7] Die Italiaanse dirigent Arturo Toscanini het Tebaldi se stem geprys as "la voce d'angelo" ("die stem van 'n engel")[8][9], terwyl La Scala se musiekdirekteur, Riccardo Muti, Tebaldi opgesom het as "een van die grootste kunstenaars wat oor een van die mees buitengewone stemme in die genre van opera beskik."[10]