Rina Hugo
Suid-Afrikaanse sangeres / From Wikipedia, the free encyclopedia
Rina Hugo is 'n bekende Suid-Afrikaanse sangeres. Rina Hugo is in 1978 saam met Bruce Sanderson as wenners van die ATKV se Crescendo aangewys.
Kitsfeite Beroep(e), Instrumente ...
Rina Hugo | |
---|---|
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1983 – nou |
Assosiasies | Manuel Escórcio Jannie Moolman |
Webwerf | rinahugo.co.za |
Sluit
Sy verwerf haar B.Mus.-graad aan die Noordwes-Universiteit (toe nog Potchefstroomse Universiteit vir CHO) in 1970. Sy was ook lid van die Alabama Studentegeselskap. Rina het uitgeblink in feitlik alle genres wat deur 'n solis beoefen kan word naamlik: Opera, oratorium, operette, musiekblyspele, die kunslied en ligte musiek.
Op 26 Januarie 2020 is Rina ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Sy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.