Roosj Hasjana
From Wikipedia, the free encyclopedia
Roosj Hasjana (Hebreeus: ראש השנה, hoof van die jaar) is die Joodse nuwejaar, wat twee dae duur en plaasvind op die eerste en tweede dag van die eerste Joodse maand Tisjrie (volgens die Gregoriaanse kalender in September of Oktober).Roosj Hasjana is 'n tyd van gebed en inkeer, en in die sinagoge word die sjofar (ramshoring) honderd keer geblaas. Die Jode wens mekaar sjana towa, wat 'gelukkige nuwejaar' beteken, eet appels met heuning en doen tasjliech.
Die fees Roosj Hasjana is ingestel in Wajikra/Levitikus 23,24[1] en Bemidbar/Numeri 29,1[2] maar die eerste aanduiding van viering is in Jegezkel/Esegiël 40,1.[3]