![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/27/Jemen1988-022_hg.jpg/640px-Jemen1988-022_hg.jpg&w=640&q=50)
Sabeërs
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sabeërs (Sabees: 𐩪𐩨𐩱, S¹Bʾ; Arabies: ٱلسَّبَئِيُّوْن as-Sabaʾiyyūn; Hebreeus: סבאים) was ’n Arabiese volk van Suid-Arabië. Hulle het Sabees gepraat en die koninkryk Sabaʾ (Arabies: سَـبَـأ) gestig, wat vermoedelik die Bybelse land Skeba was,[1][2][3] en "die oudste en belangrikste koninkryk van Suid-Arabië".[4]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/27/Jemen1988-022_hg.jpg/640px-Jemen1988-022_hg.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7a/BronzeManNashqum.jpg/640px-BronzeManNashqum.jpg)
Geleerdes stem nie saam oor die datum waarop Sabaʾ gestig is nie. Kenneth Kitchen dateer die koninkryk met sy hoofstad, Maʼrib, tussen 1200 v.C. en 275 n.C.[5] Israel Finkelstein en Neil Asher Silberman glo weer "die Sabese koninkryk het eers van die 8ste eeu v.C. af begin floreer en dat die verhaal van Salomo en die koningin van Skeba "’n anachronistiese 7de-eeuse skepping is".[6] Die koninkryk het geval ná ’n lang, maar sporadiese burgeroorlog tussen verskeie Jemenitiese dinastieë wat aanspraak op die troon gemaak het.[7][8] Die laat Koninkryk Himyar het as oorwinnaars uit dié stryd getree.