Salmah Ismail
From Wikipedia, the free encyclopedia
Biduanita Negara Puan Sri Datin Amar Salmah binti Ismail, AMN beter bekend as Primadona Saloma (22 Januarie 1935 – 25 April 1983) was 'n Singapoers-Maleisiese sangeres, film aktrise en mode-ikoon wat in die laat 1950's beroemd geword het. Sy was die tweede dogter in haar gesin. Haar ouer suster was die aktrise Siti Mariam Ismail (skuilnaam Mariani) en aktrise-sangeres Aminah Ismail (skuilnaam Mimi Loma) is haar jonger suster. Saloma was die derde vrou van die talentvolle film akteur, regisseur, sanger, komponis en vervardiger Tan Sri Datuk Amar P. Ramlee. In haar vroeë loopbaan, was Saloma net vir haar lietjies en klein karakters se rolle wat sy in die 1950's films gespeel het. Nadat sy groter rolle in die films Azimat (1958) en Kaki Kuda (1958) gespeel het, begin sy om haar loopbaan as 'n film aktrise uit te brei. Sy het en verskeie films soos Seniman Bujang Lapok (1961), Ragam P.Ramlee (1964) en Ahmad Albab (1968) opgetree. Saloma is in 1978 met die titel Biduanita Pertama Negara (Eerste Nasionale Songbird) en in 1990 met die titel Puan Sri bekroon.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Saloma | |
---|---|
Gebore | Salmah binti Ismail (1935-01-22)22 Januarie 1935 |
Sterf | 25 April 1983 (op 48) |
Beroep | Sangeres, aktrise, model |
Bekend vir | Azimat, Seniman Bujang Lapok, Ahmad Albab |
Eggenoot | Aman Ramli Jaafar (April 1952 - September 1952) P. Ramlee (November 1961 - 29 Mei 1973) |
Geloof | Islam |