Sarie Marais
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sarie Marais is 'n bekende lied deur J.P. Toerien, geskep tydens die Eerste Vryheidsoorlog (ca. 1880) of die Tweede Vryheidsoorlog (ca. 1900). Die melodie is 'n verwerking van 'n Engelstalige liedjie genaamd "Ellie Rhee" wat uit die Amerikaanse Burgeroorlog dateer. Dit is 'n baie bekende Afrikaanse volksliedjie en is al in ander tale vertaal. Dit verwys waarskynlik na 'n persoon wat werklik geleef het, Sarie Maré, maar weens 'n drukfout is die spelling "Sarie Marais" behou.
- Vir die gelyknamige rolprente, sien Sarie Marais (1931) en Sarie Marais (1949).
Kitsfeite
"Sarie Marais" | ||||
Toonsetting van Sarie Marais, uit die F.A.K.-volksangbundel vir Suid-Afrika. | ||||
Genre | Afrikaanse volksmusiek | |||
Woorde | J.P. Toerien (of Dirk van Alphen of Susters Bezuidenhout); vers 3: B.A. de Wet | |||
Melodie | Sep Winner | |||
Verwerking | Dirkie de Villiers | |||
Uitgereik | c. 1891 | |||
Oorsprong | ||||
Taal/land | Engels | |||
Titel | "Ellie Rhee" | |||
|
Sluit