Seal Point-vuurtoring
vuurtoring in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Seal Point-vuurtoring is 'n vuurtoring by Kaap St. Francis, omtrent 30 km van Humansdorp en 100 km van Port Elizabeth. Dit is teen 27,75 meter die hoogste klipgebou in Suid-Afrika.[1] Die bouwerk is begin deur Joseph Flack, 'n siviele ingenieur en argitek wat ook betrokke was by die bou van die Robbeneiland-vuurtoring. Nadat hy in November 1876 oorlede is, is die bouwerk deur W.B. Hays voltooi. Die vuurtoring is op 4 Julie 1878 in gebruik geneem. Dit is toegerus met 'n radiobaken, mishoring en misverklikker. [2]