Die seegoudvissie (Pseudanthias squamipinnis) is 'n vis wat voorkom in die tropiese en subtropiese water in die Indiese-Pasifiese gebied en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis as die sea goldie bekend.

Kitsfeite Seegoudvissie, Bewaringstatus ...
Seegoudvissie
Thumb
'n See-goudvissie, Pseudanthias squamipinnis.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Pseudanthias
Spesie:
P. squamipinnis
Binomiale naam
Pseudanthias squamipinnis
(Peters, 1885)
Sluit

Voorkoms

Thumb
'n Mannetjie, in Dahab in Egipte afgeneem.

Die kleure van die mannetjie en wyfie verskil. Die wyfie is oranje terwyl die mannetjie meer rooi met 'n goudskynsel is. Die mannetjie se derde stekel van die dorsale vin is verleng en het twee rooi kolle op die pektorale vinne. Die vis word 10 cm groot.

Habitat

Die vis leef in skole saam in water wat 10 – 25 m diep is op koraalriwwe. Hulle vreet soöplankton en die larwes van skaaldiere. Al die klein vissies word as wyfies gebore en 'n dominante wyfie verander van geslag om die rol as mannetjie aan te neem. Indien die mannetjie iets sou oorkom, verander die dominante wyfie van geslag en kleur om as die mannetjie te dien. Die vis is gewild onder akwariumversamelaars.

Sien ook

Bronne

Eksterne skakel

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.