Senegambië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Senegambië, amptelik die Konfederasie Senegambië (Engels: Senegambia Confederation, Frans: Confédération de Sénégambie), was 'n los konfederasie tussen die Wes-Afrikaanse lande Senegal en Gambië, wat omtrent geheel en al omring word deur Senegal, behalwe vir die uitgang na die see. Die konfederasie is gestig op 1 Februarie 1982 ná 'n ooreenkoms tussen die twee lande van 12 Desember 1981. Volgens die ooreenkoms was die samesluiting van die gewapende magte, die geldeenheid en die ekonomiese gebied beplan. Die konfederasie is na die histories-geografiese streek Senegambië genoem.
| ||||
Hoofstad | Dakar 14°43′N 17°28′W | |||
Taal/Tale | Engels, Frans, Wolof | |||
Regering | Republiek | |||
Presidentt[1] | ||||
- 1982–1989 | Abdou Diouf | |||
Adjunkpresident[1] | ||||
- 1982–1989 | Dawda Jawara | |||
Historiese tydperk | Koue Oorlog | |||
- Gambiese staatsgreep | 30 Julie 1981 | |||
- Ooreenkoms onderteken | 12 Desember 1981 | |||
- Stigting | 1 Februarie 1982 | |||
- Ontbinding | 30 September 1989 | |||
- Casamancekonflik | 1982–2014 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1985 | 207 401 km2 80 078 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 1985 skatting | 7 227 000 | |||
Digtheid | 34,8 /km² 90,2 /sq mi |
Die federasie was bedoel om samewerking tussen die twee lande te bevorder, maar is deur Senegal op 30 September 1989 ontbind toe Gambië weier om nader aan 'n unie te beweeg.
Die naam verwys ook na die geografiese gebied om die twee lande wat die waterskeiding van beide die Sénégal- en Gambiërivier dek.