Sentrale Provinsie (Zambië)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Zambië se Sentrale Provinsie is, soos die naam aandui, 'n provinsie in die middel van dié Midde-Afrikaanse republiek. Volgens oppervlak is dit die vierde grootste van die land se nege provinsies, maar volgens bevolking slegs die sesde.
Die Sentrale Provinsie beslaan 94 395 km2, amper 12,5% van Zambië se totale oppervlakte en strek oor meer as 400 km van die suidweste tot die noordooste. Dit is die enigste van die land se provinsies wat aan elke ander provinsie grens, maar deel net 'n kort buitelandse grens met die Demokratiese Republiek van die Kongo.