Simfonie no. 3 in E-mol, op. 55, "Eroica" (Beethoven)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Derde simfonie in E-mol-majeur, Opus 55, (in Italiaans die Sinfonia Eroica) is 'n simfonie in vier bewegings deur Ludwig van Beethoven. Die Eroica-simfonie is een van Beethoven se mees gevierde werke. Dit is 'n grootskaalse komposisie wat die begin van Beethoven se kreatiewe middelperiode ingelui het.[1][2]
Kitsfeite Symphonie Nr. 3 in E♭-majeur, Katalogus ...
Symphonie Nr. 3 in E♭-majeur | |
---|---|
Sinfonia Eroica | |
deur Ludwig van Beethoven | |
Die voorblad van die oermanuskrip wat duidelik wys met hoeveel drif Beethoven die toewyding daarvan aan Napoleon uitgekrap het. | |
Katalogus | Op. 55 |
Styl | Klassieke periode |
Gekomponeer | 1802–1804 |
Opgevoer | 7 April 1804, Wene, Oostenryk |
Bewegings | Vier |
Sluit
- I. Allegro con brio (15:12) (lêerinligting) — speel in blaaier (beta)
- Probleme om na lêer te luister? Sien die mediahulp.
Die werk is hoofsaaklik in 1803 en 1804 gekomponeer en het die grense van vorm, lengte, harmonie en emosionele en moontlik kulturele inhoud versit. Daarom word dit wyd beskou as 'n belangrike baken in die oorgang tussen die Klassieke en die Romantiese era. Dit word ook gereeld beskou as die eerste romantiese simfonie.