Sirkumstellêre skyf
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Sirkumstellêre skyf is die samepakking van gas, stof, planetesimale, asteroïdes of botsende fragmente in ’n wentelbaan om ’n ster. Om jong sterre kan dit materiaal wees waaruit planete ontstaan. Om ouer sterre is dit ’n aanduiding dat die vorming van planetesimale plaasgevind het en om witdwerge kan dit daarop dui dat planetêre materiaal die hele sterevolusie deurstaan het. Dit kan ook 'n puinskyf wees soos die een om Fomalhaut wat bestaan uit stof en puin. Soms ontstaan puinskywe uit botsings tussen planetesimale soos asteroïdes en komete.[2]