Sisilië
eilandgebied van Italië in die Middellandse See / From Wikipedia, the free encyclopedia
Sisilië (Italiaans: Sicilia, [siˈtʃiːlja]; Sisiliaans: Sicìlia) is 'n eilandgebied van Italië in die Middellandse See en 'n outonome administratiewe gewes van Italië. Die eiland is in Europa in die suidweste van Italië, in die suidooste van Sardinië en ten noorde van Malta geleë.
---Sidenote START---
Meer inligting Wapen en vlag, Algemene gegewens ...
Wapen en vlag | |
---|---|
Algemene gegewens | |
Volkslied: | Madreterra (Sisiliaans vir: "Moederland") |
Hoofstad: | Palermo |
Amptelike tale: | Italiaans en Sisiliaans |
Administratiewe verdeling: | 9 provinsies |
Oppervlakte: | 25 711 vk km |
Bevolking: | 5 029 675 (2017) |
Bevolkingsdigtheid: | 195,6 inwoners per vk km |
Webwerf: | pti.regione.sicilia.it |
ISO 3166-2: | IT-82 |
President: | Nello Musumeci (Diventerà Bellissima) |
Kaart | |
Sluit
Sisilië is die grootste eiland in die Middellandse See. Sisilië het 'n bevolking van 5 029 675 in 2017 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 25 711 km². Die hoofstad en grootste stad is Palermo. Die amptelike tale is Sisiliaans en Italiaans.