Slag van Alesië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Slag van Alesië of Beleg van Alesië het in September in die jaar 52 v.C. plaasgevind rondom die Galliese nedersetting Alesië. Die stryd is gevoer deur die leër van die Romeinse Republiek onder bevel van Julius Caesar met ondersteuning van kavalleriebevelvoerders Marcus Antonius, Titus Labienus en Gaius Trebonius teen 'n alliansie van Galliese stamme onder die leierskap van Vercingetorix.
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. |
Slag van Alesië | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Galliese Oorloë | |||||||
Vercingetorix gooi haarself onder Caesar | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Romeinse Ryk | Gallië | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Julius Caesar | Vercingetorix Commius | ||||||
Sterkte | |||||||
60 000 | 180 000-330 000 | ||||||
Ongevalle | |||||||
12 800 | 56 000 tot 90 000 |
Dit was die laaste groot veldslag tussen die Galliërs en die Romeine en 'n belangrike keerpunt in die Galliese Oorloë ten gunste van die Romeine. Die Beleg van Alesië word allerweë beskou as een van Caesar se grootste militêre prestasies en as een van die klassieke voorbeelde van beleg-oorlogvoering.
In 'n stadium van die beleg het die Galliërs 'n getalle-oorwig van vyf tot een gehad. Die gebeurtenis is deur verskeie mense aangeteken, onder andere Caesar self in sy Commentarii de Bello Gallico. Ná die Romeinse oorwinning het Gallië 'n Romeinse provinsie geword. Die weiering van die Romeinse senaat om Caesar se oorwinning as ’n trimof te erken was een van die groot oorsake van die Romeinse Burgeroorlog van 50-45 v.C.