Sogdië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sogdië of Sogdiana was 'n land in Sentraal-Asië tussen die riviere Amoedarja (Oxus) en Sirdarja (Jaxartes). Sy hartland was die 740 km lang dal van die Zarafsjanrivier wat 'n groot oase in die woestyngebied vorm. Hierdie rivier ontstaan in die huidige Tadjikistan en stroom na die weste langs Rarz, Dardar en Panjikent in die provinsie Sughd van Tadjikistan, na Samarkand in die huidige Oesbekistan en langs Navoi na Bukhara. Ewewydig aan hierdie rivier is die Kashka Darya suidelik van Samarkand, waar twee belangrike nedersettings was Kisj aan die ooskant en Nasaf in die weste.
Die taal was hier gepraat is, heet Sogdies, 'n oos-Iraanse taal waarvan vandag nog 'n klein gemeenskap 'n verwante dialek praat, die Yaghnobi.[1] Dit is geskrewe in sy eie Sogdiese skrif.