From Wikipedia, the free encyclopedia
Sozopol [soˈzɔpoɫ] (Bulgaars: Созопол, Sozopol, Grieks: Σωσόπολις, Sozopolis, Oud-Grieks en Bisantyns: Ἀπολλωνία Ποντική, Latyns: Apollonia Pontica) is 'n klein stad aan die Bulgaarse Swartseekus.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Bulgarye |
Koördinate | 42°25' N, 27°41' O |
Stigting | 609 v.C. |
Oppervlak: | |
- Totaal | 41,829 km² |
Hoogte bo seevlak | 0 m |
Bevolking: | |
- Totaal (15 Desember 2010) | 5 679 |
- Bevolkingsdigtheid | 135,8/vk km |
Tydsone | UTC+2 |
- Somertyd | UTC+3 |
Burgemeester | Panajot Wassilef Rejsi |
Amptelike Webwerf | sozopol.bg |
Sozopol is die oudste nedersetting aan die Bulgaarse kus wat sowat 2 600 jaar gelede deur Griekse koloniste uit Milet as Apollonia Pontika gestig is. Die vroegste spore van menslike bewoners dateer selfs terug in die 4de millennium v.C.
Vandag is Sozopol 'n gewilde toeristetrekpleister waar tienduisende jongmense gedurende die somervakansie partytjies vier, terwyl die ouer generasies na die historiese ou stad stroom wat op 'n rotsige skiereiland geleë is. In die Sint Joris-die-Oorwinnaar-kerk word relieke van Johannes die Doper bewaar.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.