Staat Palestina
land met omstrede status, geleë in Wes-Asië / From Wikipedia, the free encyclopedia
Palestina (Arabies: فلسطين, Filasṭīn, [fɪ.las.tˤiːn]), amptelik die Staat Palestina (Arabies: دولة فلسطين, Dawlat Filasṭīn), is 'n land met omstrede status, geleë in Wes-Asië, en word deur Israel beset en geëis. Die Staat Palestina is deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie verklaar op 15 November 1988[16] en word deur meer as 134 lande erken.[17][18][19][20][21][22][23] Op 31 Oktober 2011 het Palestina 'n lid van Unesco geword[24] en op 29 November 2012 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies met 'n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer gestem.[25] Palestina bestaan uit die Gasastrook en die Wesoewer.[26][27][28]
| |||||
Volkslied: فدائي Fida'i[1][2] (Arabies vir: "My verlossing") | |||||
Hoofstad | (Oos-)Jerusalem[3][4] (geproklameer) Ramallah (administratief) | ||||
Grootste stad | Jerusalem (geëis) Gasa (de facto) | ||||
Amptelike tale | Arabies | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek[5] Mahmoud Abbasb Mohammad Mustafa | ||||
Onafhanklikheid Vorming • Onafhanklikheidsverklaring • VN-waarnemer- status-resolusie • Verander van PA • Soewereiniteitsdispuut met Israel |
15 November 1988 29 November 2012 3 Januarie 2013 voortdurendc[6][7] | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
6 020 km²[8] - Wesoewer 5 860 km²[9] - Gasastrook 360 km²[10] km2 (–) 2 320 myl2 3,5 | ||||
Bevolking - 2023-skatting - Digtheid |
5 483 450[11] (121ste) 731 / km2 1 893,3 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,716[13] (111de) – hoog | ||||
Gini (2016) | 33,7[14](–) – medium | ||||
Geldeenheid | Egiptiese pond (EGP) Israeliese sikkel (ILS) Jordaniese dinar (JOD)[15] ( – ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
PST (UTC+2) PST (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .ps, فلسطين. | ||||
Skakelkode | +970 | ||||
a. Bevolkings- en ekonomiese statistieke en ranglys volgens data van die PCBS. b. Daarbenewens die leier van die staatsregering c. Die geëiste gebiede is deur Israel beset. |
Sedert die begin van die Palestynse Burgeroorlog tussen die Fatah en Hamas is die Grondgebiede verdeel: Die Fatah beheer die Wesoewer, terwyl die Hamas die Gasastrook regeer. Die Fatah is 'n lid van die Palestynse Bevrydingsorganisasie, maar nie die Hamas nie. Nes die Suid-Afrikaanse ANC en die Namibiese SWAPO is die Fatah 'n lid van die Sosialistiese Internasionaal (SI),[29] terwyl die Hamas deur verskeie lande as 'n terroristiese organisasie gelys word.[30]
Die PLO het op 15 November 1988 in Algiers die onafhanklikheid van die Staat Palestina met Jerusalem as hoofstad verklaar, wat deur 137 (van 'n total van 193) VN-lidlande erken word en geniet sedert 2012 die status as 'n waarnemer-land sonder lidmaatskap in die Verenigde Nasies – wat die erkenning van staatskap impliseer.[31][32][33] Dit is 'n lidland van die Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, G77 en die Internasionale Olimpiese Komitee asook ander internasionale organisasies.