André Stander
From Wikipedia, the free encyclopedia
André Stander (1946 – 13 Februarie 1984) was 'n Suid-Afrikaanse polisieoffisier en 'n bankrower. Hy het as 'n kaptein by die polisiestasie in Kempton Park gewerk. In die 1970's begin hy om banke te beroof. Hy was in die media bekend as die leier van die Stander-bende en was berug vir die gewaagde wyse waarop hy misdade gepleeg het. Soms het hy banke oor sy middagete beroof, en is dikwels as 'n ondersoekbeampte na dieselfde toneel terug.[1]
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
André Stander | |
---|---|
Gebore | 1946 |
Sterf | 13 Februarie 1984 (op 38) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Polisieoffisier |
Bekend vir | Verskeie bankrowe |
Eggenoot | Leonie (Bekkie) |
Ouer(s) | Genl. Frans Stander |
Sluit