Die Steenbrasdam is in die Steenbrasrivier geleë naby Gordonsbaai, in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit strek sowat 8 km in 'n nou riviervallei in die Hottentots-Hollands-berge op en beslaan 'n oppervlakte van 397 ha wanneer die dam vol is.
Steenbrasdam | |
---|---|
Steenbrasdam, ingewig tussen die Hottentots Hollandberge en die Kogelberge (Valsbaai op die voorgrond). | |
Amptelike naam | Steenbrasdam |
Ligging | Hottentots Hollandberge |
Provinsie/Land | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 34.187025°S 18.852453°O |
Dam in | Steenbrasrivier |
Doel | Besproeiing en huishoudelik |
Openingsdatum | 1921 (opgeknap in 1989) |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Grondvulling |
Hoogte van wal | 36 m |
Reservoir | Steenbrasdam reservoir |
Kapasiteit | 3 560 000 m3 |
Opvanggebied | 3.2 km2 |
Damoppervlak | 35 ha |
Die dam voorsien water aan Kaapstad en word deur die stad se munisipaliteit beheer. Voordat die oorspronklike bouwerk in 1921 voltooi is, was die stad afhanklik van 'n aantal klein opgaardamme wat hul water ontvang het van strome wat op Tafelberg ontspring. Die Steenbrasrivier ontspring in die reënryke gebied van die Hottentots-Hollandsberge waar die neerslag soms 1 900 mm per jaar is.
Ondanks die klein opvanggebied van 67 km2, is die gemiddelde watertoevloei na die dam tydens die reënseisoen derhalwe relatief hoog, naamlik 34 miljoen m3. Die damwal is sedert 1921 altesaam 4 keer verhoog: in 1924 (6 m), in 1927 (11,5 m), in 1954 (1,35 m) en in 1957 (6 m).
Die betonboogwal het 'n kruinlengte van 412 m en is aan die suidelike punt van die Steenbrasriviervallei gebou. Onderkant die dam is die rivierbedding met onder meer rotstuine en terrasse verfraai en kampeerterreine is ook in die omgewing aangelê.
Daar is 'n Bo-Steenbrasdam (volume onbekend) en 'n Benede-Steenbrasdam (met 'n bakmaat van 33,9 miljard liter).
- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409672, volume 26, bl. 165
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.