![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/a/a9/Wapen_van_Suid-Afrika.png/640px-Wapen_van_Suid-Afrika.png&w=640&q=50)
Suid-Afrikaanse referendum van 1960
Oktober 1960 referendum in Suid-Afrika wat die monargie afgeskaf het / From Wikipedia, the free encyclopedia
Tydens die Suid-Afrikaanse referendum van 1960 is Suid-Afrikaanse kiesers gevra om vír of téén republiekwording te stem. Die stemming het op 5 Oktober 1960 plaasgevind. Die uitkoms was 'n rakelingse oorwinning vir die republikeine. Op 31 Mei 1961 het die Unie van Suid-Afrika tot 'n einde en die Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom. Die dag is as republiekdag gedenk tot die vakansiedag in 1994 afgeskaf is.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/be/South_Africa_1960_referendum_result_by_province.svg/640px-South_Africa_1960_referendum_result_by_province.svg.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/89/CR_Swart.jpg/320px-CR_Swart.jpg)