sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
Cygnus, die Swaan, is 'n groot en belangrike sterrebeld wat tydens die somer op die Noordelike Halfrond sigbaar word. Dit verbeeld 'n swaan, wat van die Noordpool af suidwaarts langs die Melkweg vlieg.
Swaan | ||||
Latynse naam | Cygnus | |||
Genitief | Cygni | |||
Afkorting | Cyg | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 20,62h | |||
Deklinasie | 42,03º | |||
Grootte | 804 vk. grade (16de) | |||
Kwadrant | NQ4 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 9 | |||
Helderste ster | Deneb (α Cyg) | |||
Naaste ster | 61 Cyg | |||
Sterre helderder as 3 m | 4 | |||
Sterre met planete | 60 | |||
Messier-voorwerpe | 2 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 84 | |||
Meteoorreëns | Oktober-Cygniede, Kappa-Cygniede | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Cepheus, Draak, Akkedis, Lier, Vlieënde Perd, Vos | ||||
|
Die helderste sterre van Cygnus vorm 'n groot kruis, wat ook as die "Noordelike Kruis" bekend staan. Die swaan se uitgestrekte vlerke verbeeld die dwarsbalk van die kruis, die ster Deneb (α Cygni) sy stert en die dubbelster Albireo (β Cygni) sy bek.
'n Deel van ons Melkweg word in Cygnus duidelik sigbaar as 'n helder wolk van sterre. Cygnus is selfs vir die blote oog 'n wonderlike skatkis van gekleurde sterre.
Die beskrywing van Cygnus as 'n groot voël gaan terug op die Mesopotamiese sterrekunde, waar Cygnus as Urakhga bekend staan – 'n voorloper van die Arabiese reusevoël Rukh, wat ook 'n rol in die verhale van Duisend-en-Een-Nag speel.
Die Griekse mitologie vertel van jong mans wat in swane verander is. Die bekendste storie is dié van Leda en Zeus. Leda, die eggenote van koning Tindareus van Sparta, het 'n verhouding met Zeus, wat haar gereeld in die gedaante van 'n swaan kom opsoek. Danksy hierdie verhouding lê Leda twee eiers, waaruit Helena van Troje en die tweeling Castor en Polydeuces (Latyns: Pollux) gebaar word.
Die antieke Swaan verskyn ook as een van die 44 ou sterrebeelde in die boek Almagest, wat in die 2de eeu n.C. deur die Griekse sterrekundige Claudius Ptolemeus saamgestel word.
Cygnus is 'n gebied met 'n groot aantal dubbel en meervoudige sterre, buitengewone sterre en newelvlekke.
Ster | Skynbare helderheid | Absolute helderheid | Afstand (ligjaar) | Spektraaltipe |
---|---|---|---|---|
Deneb (α Cyg) | 1,25 | -8,73 | 3230 | A2Ia |
Sadir (v Cyg) | 2,23 | -6,12 | 1524 | F8Ib |
Gienah Cygni (ε Cyg) | 2,48 | 0,76 | 72 | K0III |
δ Cyg | 2,86 | -0,74 | 171 | B9.5III |
Albireo (β1 Cyg) | 3,05 | -2,31 | 386 | K3II+... |
ζ Cyg | 3,21 | -0,12 | 151 | G8II SB |
ξ Cyg | 3,72 | -4,07 | 1178 | K7Ibv SB |
τ Cyg | 3,74 | 2,14 | 68 | F1IV |
ι2 Cyg | 3,76 | 0,89 | 122 | A5Vn |
κ Cyg | 3,8 | 0,91 | 123 | K0III |
ω1 Cygni (31 Cyg) | 3,8 | -4,29 | 1354 | K2II+... |
η Cyg | 3,89 | 0,74 | 139 | K0IIIvar |
ν Cyg | 3,94 | -1,25 | 356 | A1Vn |
ω2 Cygni (32 Cyg) | 3,96 | -3,7 | 1110 | K3Ib-II comp |
ρ Cyg | 3,98 | 1,07 | 125 | G8III |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.