Swartwoudkoek
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Swartwoudkoek (Duits: Schwarzwälder Kirschtorte) het sedert die dertigerjare van die 20ste eeu tot die gewildste roomkoek in Duitsland ontwikkel en staan nou ook wêreldwyd bekend. Sy hoofsaaklike bestanddele is amandel- of sjokoladedeeg, met kirsch verfynde room, kersies en gerasperde sjokolade as versiering. Die oorsprong van die koek is nie presies bekend nie; dit is ondanks sy naam moontlik nie in die Swartwoud, 'n bergagtige gebied in die suid-weste van Duitsland, uitgevind nie.