T20I-wêreldbeker 2026
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die T20I-wêreldbeker 2026 (Engels: 2026 ICC Men's T20 World Cup) sal in Februarie 2026 in Indië en Sri Lanka plaasvind.[1] Dit sal die tiende T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word.
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Datums | Februarie – Februarie |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Twintig20 (T20I) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Indië Sri Lanka |
Deelnemers | 20 |
Wedstryde gespeel | 55 |
← 2024 2028 → |
Die toernooi se formaat van 2024 bly onveranderd en 20 krieketspanne sal aan die T20I-wêreldbeker 2026 deelneem: Die twee gashere (Indië en Sri Lanka), die agt beste spanne van die vorige toernooi, saam met die twee naasbeste spanne op die T20I-ranglys en die wenners van die kontinentale kwalifiseringstoernooie. Tydens die T20I-wêreldbeker 2026 sal 55 wedstryde gespeel word, waaronder 40 tydens die eerste rondte, twaalf in die Super Agt, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne word in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep kwalifiseer hierna vir die Super Agt, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd bestaan uit 20 boulbeurte per span. Die agt beste spanne van die T20I-wêreldbeker 2026 sal saam met die twee gashere van die 2028-toernooi regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2028 in Australië en Nieu-Seeland kwalifiseer.