Talassoterapie
ontgifting / From Wikipedia, the free encyclopedia
Talassoterapie (van Grieks θαλασσα thalassa, "see"), of seewaterterapie, is 'n vorm van alternatiewe medisyne waarin geglo word 'n gesonde kombinasie van seewaterbaddens, algebehandelings en die seeklimaat kan verskillende siektes en velprobleme verbeter, insluitend rumatiek en selluliet, en kan gebruik word vir mense wat oorgewig is of net uitgeput is. Daar is min wetenskaplike bewyse dat tallasoterapie doeltreffender as eenvoudige ontspanning is.