Toearegtale
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Toearegtale (ⵜⴰⵎⴰⵌⴰⵆ, Tamasjek/Tamajak/Tamahak) is 'n taalgroep van nou verwante Berbertale en -dialekte. Hulle word deur die inheemse Toearegs in die Saharawoestyn van Mali, Niger, Algerië, Libië en Burkina Faso gebesig. Soms word dit as een taal beskou wat uit aparte dialekte bestaan, aangesien almal onderling verstaanbaar is. Van die Toearegtale word met die Tifinagh-skrif, die Arabiese of die Latynse alfabet geskryf.
Kitsfeite ⵜⴰⵎⴰⵌⴰⵆ, Tamasjek/Tamajak/Tamahak ...
Toearegtale ⵜⴰⵎⴰⵌⴰⵆ, Tamasjek/Tamajak/Tamahak | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Saharawoestyn |
Genetiese klassifikasie: |
Afro-Asiaties Berber Toearegtale |
Onderafdelings: |
Tamahak
Tamasjek
Aïr Tamajek
Tawellemmet
|
Verspreiding van Toearegtale |
Sluit
Die Toearegtale word in die volgende vier dialekte/tale ingedeel:
- Noordelike Toeareg
- Tamasjek/Tahaggart (Tămahăqq/Tăhăggart, Algerië, Libië, Niger, 62 000)
- Suidelike Toeareg
- Tamasjek (Tămášăqq, Mali, Burkina Faso, 280 000)
- Tamasjek/Tayart (Tămášăqq, Niger, 250 000)
- Tamasjek/Tawallammat (Tawəlləmmətt, Niger, 640 000)