Tom Dreyer
Suid-Afrikaanse digter en skrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Tom Dreyer (*1972-) is ’n Suid-Afrikaanse digter en skrywer. Hoewel verskeie van sy poësie in digbundels opgeneem is, is hy beter bekend vir sy prosa. Sy roman “Stinkafrikaners” word in 2001 met die Eugène Marais-prys vir letterkunde bekroon. In 2007 debuteer hy as kortverhaalskrywer met “Polaroid” en in 2023 verskyn sy eerste digbundel 'Nou in infrarooi.'