Duinekool
plantspesie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Duinekool of strandkool (Trachyandra divaricata (Jacq.) Kunth) is 'n plant endemies aan Suid-Afrika. Dit kom in die provinsies Wes-, Oos- en Noord-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.[1]
Duinekool | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asphodelaceae |
Subfamilie: | Asphodeloideae |
Genus: | Trachyandra |
Spesie: | T. divaricata |
Binomiale naam | |
Trachyandra divaricata (Jacq.) Kunth, (1843) | |
Op die oostelike oewer van die Groot-Brakrivier se monding kom dit saam met vanwyksbossie op die heuweltjies van die duine voor.[2]
Dit is 'n indringersoort in Australië en gee daar aanleiding tot neurologiese siektes en lipofusinose onder perde en skape.[3] In Suid-Afrika en Namibië, waar 'n verwante spesie T. laxa aangetref word, kom vergiftigings ook voor, veral in die droë maande Augustus tot Desember. Voor die tyd is dit nogtans smaaklik.[4] Dit is 'n meerjarige plant wat polle vorm tot 80 cm hoog met smal, vlesige blare. Die blomstingels is baie vertak en dra klein wit blommetjies wat net kort bloei. Die plant se blomstingels word ook geoes en deur mense geëet.[5][6]