Triëst
From Wikipedia, the free encyclopedia
Triëst (Italiaans: Trieste, [triˈɛste], luister (hulp·inligting); Sloweens en Kroaties: Trst; Duits: Triest) is 'n stad in die noordooste van Italië met 'n bevolking van 204 338 in 2018 en 'n oppervlakte van 84,49 km². Die stad, wat as die administratiewe setel van die streek Friuli-Venezia Giulia dien, is aan die noordoostelike kus van die Adriatiese See net wes van die grens tot Slowenië geleë. Triëst het in 1918 as gevolg van Oostenryk-Hongarye se neerlaag tydens die Eerste Wêreldoorlog onder Italiaanse bewind gekom. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Italië |
Administratiewe gewes | Friuli-Venezia Giulia |
Provinsie | Triëst |
Koördinate | 45°39′N 13°46′O |
Stigting | 177 v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 84,49 vk km |
Hoogte bo seevlak | 2 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2018) | 204 338 |
- Bevolkingsdigtheid | 24/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Roberto Dipiazza (FI) |
Amptelike webwerf | retecivica.trieste.it |