Tuinroete
Gebied langs die Kaapse suidkus van Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tuinroete is 'n gebied langs die Kaapse suidkus van Suid-Afrika en een van die gewildste toeristebestemmings in die land. Dit strek van die historiese vissersdorp Hermanus in die Wes-Kaap tot by Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Bekende dorpe soos Mosselbaai, George, Knysna en Plettenbergbaai lê langs die Tuinroete.