Tunisië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tunisië (Arabies: تونس, Tūnis, luister (hulp·inligting); Berber: ⵜⵓⵏⴻⵙ; Frans: Tunisie), amptelik die Republiek Tunisië (Arabies: الجمهورية التونسية, al-Jumhūrīya at-Tūnisīya, luister (hulp·inligting); Berber: ⵜⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵏ ⵜⵓⵏⴻⵙ), is 'n republiek geleë aan die kus van Noord-Afrika langs die Middellandse See in die Magreb-streek. Dit is die mees oostelike en ook die kleinste van die nasies langs die Atlasgebergte, en begrens Algerië aan die weste, en Libië aan die suide en ooste. Tunisië word as die enigste volledige demokrasie van die Arabiese wêreld beskou.[9]
| |||||
Nasionale leuse: حرية، كرامة، عدالة، نظام Ḥurrīyah, Karāma, 'Adālah, Niẓām[1] (Arabies vir: "Vryheid, waardigheid, geregtigheid en orde") | |||||
Volkslied: حماة الحمى Humat al-Hima (Arabies vir: "Verdedigers van die Vaderland") | |||||
Hoofstad | Tunis | ||||
Grootste stad | Tunis | ||||
Amptelike tale | Arabies[1] | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek[2][3] Kais Saied Ahmed Hachani | ||||
Onafhanklikheid Vorming • Antieke Kartago • Africa Proconsularis • Vandaalse Ryk • Exarchaat Kartago • Aghlabide-dinastie • Fatimidiese Kalifaat • Ziride-dinastie • Hafside-dinastie • Husainid-dinastie • Koninkryk • Republiek • Rewolusiedag • Huidige grondwet |
814 v.C. 146 v.C. 435 591 800 909 972 1207 15 Julie 1705 20 Maart 1956 25 Julie 1957 14 Januarie 2011 28 Augustus 2022 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
163 610 km2 (91ste) 63 170 myl2 5,04 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - Digtheid |
11 708 370[4] (81ste) 71,65 / km2 (144ste) 185,6 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,731[6] (97ste) – hoog | ||||
Gini (2015) | 32,8[7] – medium | ||||
Geldeenheid | Dinar (TND ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .tn, تونس.[8] | ||||
Skakelkode | +216 |
Veertig persent van die land bestaan uit die Saharawoestyn, met die res wat bestaan uit redelike vrugbare grond, wat maklik bereikbaar is vanaf die kus. Beide faktore het 'n prominente rol gespeel in antieke tye, eerste betreffende die Fenisiese stad Kartago, en later as die provinsie Afrika in die Romeinse Ryk, het dit bekend geword as die broodmandjie van die Romeinse Ryk. Daar word beweer dat die naam Tunis ontstaan het uit Berber, met die betekenis van óf 'n geografiese prominensie, óf "om te oornag".