![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e7/Lucas_Cranach_the_Elder_-_The_Golden_Age_-_Google_Art_Project.jpg/640px-Lucas_Cranach_the_Elder_-_The_Golden_Age_-_Google_Art_Project.jpg&w=640&q=50)
Tydperke van die Mensdom
tydperke van die mensdom volgens Grieks-Romeinse mitologie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tydperke van die Mensdom is die stadiums van die menslike bestaan op aarde, volgens die Griekse mitologie en die daaropvolgende vertolking deur die Romeine.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e7/Lucas_Cranach_the_Elder_-_The_Golden_Age_-_Google_Art_Project.jpg/640px-Lucas_Cranach_the_Elder_-_The_Golden_Age_-_Google_Art_Project.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Virgil_Solis_-_Iron_Age.jpg/320px-Virgil_Solis_-_Iron_Age.jpg)
Hesiodos en Ovidius het albei weergawes gehad van die opeenvolgende tydperke van die mensdom – dit het gevorder van ’n oorspronklike tydperk waarin die mens ’n byna goddelike bestaan gevoer het tot die tydperk van die spesifieke skrywer, waarin die mens talle pyne en booshede ervaar. In die twee weergawes wat uit die antieke Griekeland en Rome bewaar gebly het, word hierdie verswakking van die menslike omstandighede simbolies voorgestel deur metale van al hoe swakker gehalte.