From Wikipedia, the free encyclopedia
Veldsteenkerke is kerkgeboue wat van swerfstene gebou is, meestal as dorpskerke op die platteland. Een van die kenmerkendste veldsteenkerke, wat nie vir 'n dorpsgemeenskap opgerig is nie, is die kloosterkerk in Zinna. Soms word na massiewe veldsteenkerke valslik as weerkerke verwys, alhoewel hulle nie vir verdedigingsdoeleindes gebou is nie.
Veldsteenkerke is uitsluitlik in gebiede opgerig waar gletsers op hulle pad kristalliene materiaal, dit wil sê afgebrokkelde gesteentes agtergelaat het en waar natuurstene uit steengroewe nouliks voorkom. In Duitsland hoort Sleeswyk-Holstein, Mecklenburg-Voorpommere, Sakse-Anhalt en Brandenburg met Berlyn by hierdie streke. Veldstene is daarnaas in Skandinawië, Pole, Finland en die Baltiese lande as boumateriaal gebruik. Swerfstene bestaan gewoonlik uit graniet, gneis of kwartsiete en word sowel in bewerkte asook onbewerkte toestand (dikwels in twee helftes gesplits) gebruik.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.