Vierhoek
figuur met vier sye / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Vierhoek is 'n veelhoek wat uit vier sye en vier hoeke bestaan. Dit is naas die driehoek die eenvoudigste veelhoek of poligoon. Die som van die hoeke van ′n vierhoek is 360 grade. As die vierhoek een gestrekte hoek het, word dit 'n ontaarde vierhoek genoem.
Meer inligting Subklas van, Voorafgegaan deur ...
Subklas van | veelhoek, tetratope |
---|---|
Voorafgegaan deur | Driehoek |
Opgevolg deur | pentagoon |
Het hoekpunt figuur | lynstuk |
Het faset polytoop | kant |
Gekarakteriseer deur | Ptolemy's theorem, Quadrilateral inequality, Bretschneider's formula |
Onderhou deur WikiProjek | WikiProjek Wiskunde |
Sluit
'n Paar besondere vierhoeke:
- Trapesium, 'n vierhoek waarvan ten minste een paar teenoorgestelde sye parallel loop.
- Parallelogram, is 'n vierhoek waarvan al twee paar teenoorgestelde sye parallel loop.
- Reghoek, 'n vierhoek met vier reghoeke (90 grade-hoeke).
- Vlieër, 'n vierhoek met twee paar gelyke aanliggende sye.
- Vierkant, 'n vierhoek met vier gelyke sye en vier reghoeke - 'n reëlmatige veelhoek.
- Ruit, 'n vierhoek met vier gelyke sye.